Ekstraklas vir:

Wiskunde en Fisiese Wetenskappe

Ons help leerders om konsepte beter te verstaan, punte te verbeter en met selfvertroue eksamen te gaan skryf. 

Skouer aan die wiel sit en oefen, oefen, oefen.

Ons glo daarin om selfvertroue te kweek deur om eksamenvrae te oefen. 

Ons leer met insig, nie uit gewoonte nie

Ons leer met die doel om the verstaan wat ons leer. 

Meer as net klas

Ons bou vertroue, motiveer en leer saam

Hi, Ek is Tania!

Ek het my graad in Chemie by die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Alhoewel ek baie van wetenskap en wiskunde hou, is dit vir my net so belangrik om met mense te werk en ’n verskil in jongmense se lewens te maak.

Buite die klas en werk hou ek daarvan om film foto’s te neem. Die see, sneeu en ‘n mooi sonopkoms of sonsak maak my innerlik gelukkig. Op skool het ek self ekstra klasse bygewoon en dit het my baie gehelp — dit het my geïnsipreer om my eie ekstraklas te begin.

Ek weet hoe dit voel om hard te werk vir iets wat jy regtig wil bereik, en ek wil graag daardie selfde aanmoediging en ondersteuning vir ander wees. Vir my gaan dit nie net oor punte nie, alhoewel dit belangrik is, maar oor leerders wat begin glo hulle kan, wat leer om doelwitte te stel en trots te wees op hul eie harde werk.

image1
Scroll to Top